Een van die top 10 klein dorpskoerante in SA asook wenner van beste voorblaaie 2005, 2009 & 2011
Tel: (023) 316-2021/3 | E-pos: editor@witzenbergherald.com
Witzenberg Herald een van top dorpskoerante in die land
DIE Witzenberg Herald is die afgelope paar jaar die amptelike spreekbuis van Ceres.
Die koerant is in 1997 begin.
Oor meer as ‘n dekade en 'n half het die Witzenberg Herald homself as een van die top dorpskoerante in Suid-Afrika gevestig. Die afgelope paar jaar is Witzenberg Herald een van die top 10 klein dorpskoerante in Suid-Afrika asook die wenner van die beste voorblaaie in 2005, 2009 en 2011.
Witzenberg Herald is in 1997 deur wyle Piet Snyman saam met Francois en Erika Snyman begin. Oor die jare het die koerant gegroei en is nou onlosmaaklik deel van die Witzenberg gemeenskap.
Ceres maak die grootste deel van die verspreidingarea uit met koerante wat ook op Tulbagh, Wolseley, P.A. Hamlet en Op-die-Berg versprei word.
Die koerant beskik tans oor drie voltydse personeel en drie deeltydse personeellede en is langs die poskantoor op Ceres geleë met ruim parkeerplek op die plein voor die kantoor.
Redaksioneel en uitleg word behartig deur Francois, Erika is verantwoordelik vir die opstel en verkoop van advertensies en Lorindi doen administrasie, ontvangs en geklassifiseerde advertensies.